Lawwe Lyfies is ‘n eksklusiewe speelgroepie vir baba’s en kleuters vanaf 3 maande – 5 jaar, met ’n vrolike atmosfeer in ‘n rustige omgewing. Ons is in Blackwood straat, Hennopspark, stap afstand vanaf Laerskool Hennopspark geleë.

 

Kinders leer deur te speel, ervaar en te beleef. Alhoewel 'n daaglikse stimulasie program vir brein-, kognitiewe -en motoriese ontwikkeling nodig is, glo ons dat kinders soveel moontlik moet leer deur spel. Speel is tog die belangrikste vorm van stimulasie vir kleuters en is die sleutel tot sosiale ontwikkeling wat noodsaaklik is vir skool aanpassing.

 

Eienaar & Skoolhoof

Ek, Leenster van Wyk is Hoof by die Speelgroepie.

 

Ek is al meer as 20 jaar in die onderwys met ondervinding van Hoër -, Laer - en kleuterskool. Kleuters het my hart gesteel en daarom het ek besluit om my tuiste hier by die kleintjies te maak. Ek is 'n PUK in murg en been en het my BA Sielkunde-graad, NGOS en ook my Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde daar verwerf.

 

Ek is gelukkig getroud met vier kinders wat my op my tone en al hoe meer op my kniee nou dat drie van hulle in die Hoërskool is

 

Lawwe Lyfies is geseënd met baie betroubare, liefdevolle personeel en ons werk saam as 'n span. My deur staan altyd oop en ek is 24 uur van die dag beskikbaar op my selfoon - moet asb nie huiwer om my te kontak nie.

Kurrikulum Beleid

Ons opvoedkundige program is gebaseer op die Handleiding vir onderrig aan die voorskoolse kleuter, (SAOU), ELDA’s en CAPS wat sinvol verwerk en aangepas is.

 

Kinders moet geleer word HOE om te dink, nie WAT om te dink nie.

 

Elke kind word as ‘n individu gesien, elkeen met sy eie unieke talente en persoonlikheid wat ontgin word. Die fokus is nie op leer nie, maar om ‘n liefde vir leer te kweek. Binne ons liefdevolle, rustige en veilige omgewing kan jou kleuter sy of haar volle potensiaal bereik. Kinders moet so lank as moontlik nét kind wees.

 

Daar word geen druk op ons kinders geplaas om te presteer nie, tog maak ons seker dat hul skoolgereed is. Lawwe Lyfies se kurrikulum berei ons kleuters voor vir formele leer en maak hulle gereed vir die uitdagings van ‘n groter wêreld.

Ons Klassies

Ekstra Aktiwiteite

Playball en Drama is ingesluit by die skoolfonds vir alle 2-5 jarige maatjies en word deur eksterne personeel aangebied. Om ouers te akkommodeer wat steeds verlang dat hul kleuters aan ekstra aktiwiteite deelneem,

is die volgende buitemuurse aktiwiteite beskikbaar: