Ons is 'n tweede huis vir jou kind!

Lawwe Lyfies is ‘n eksklusiewe speelgroepie vir baba’s vanaf 3 maande – 5 jaar, met ’n vrolike atmosfeer in ‘n rustige omgewing. Ons is in Blackwood straat, Hennopspark, stap afstand vanaf Laerskool Hennopspark geleë.

Ons Klassies

Elke kind word as ‘n individu gesien, elkeen met sy eie unieke talente en persoonlikheid wat ontgin word. Die fokus is nie op leer nie, maar om ‘n liefde vir leer te kweek. Elke klassie werk op 'n dagprogram wat spesifiek ontwerp is vir die relevante ouderdom van die maatjies.

Baba Klas (3-12 Maande)

Die Hasie klas se maatjies is in 2025/2026 gebore.

 

Ons stimulasie program vir die baba's is gebaseer op BabaGim, die wêreldbekende program saamgestel deur Dr. Melodie de Jager.

 

Ons volwasse-baba verhouding is 1 tot 3 (al vereis die staat dat dit 1 tot 6 kan wees).

Peuters (1-2 Jaar)

Die Eendjie klas se maatjies is in 2024 gebore en word 2 gedurende die jaar.

 

Ons Eendjie maatjies leer deur speel, asook praktiese en konkrete stimulasie.

Peuters (2-3 Jaar)

Die Paddatjie klas se maatjies is in 2023 gebore en word 3 gedurende die jaar.

Kleuters (3-4 Jaar)

Die Apie klas se maatjies is in 2022 gebore en word 4 gedurende die jaar.

Graad RR (4-5 Jaar)

Die Leeutjie klas se maatjies is in 2021 gebore en word 5 gedurende die jaar.

Ons Skool

Kinders leer deur speel, ervaar en te beleef. Kinders leer deur te speel, ervaar en te beleef.  Alhoewel 'n daaglikse stimulasie program vir brein-, kognitiewe -en motoriese ontwikkeling nodig is, glo ons dat kinders soveel moontlik moet leer deur spel.  Speel is tog die belangrikste vorm van stimulasie vir kleuters en is die sleutel tot sosiale ontwikkeling wat noodsaaklik is vir skool aanpassing.

 

Ons opvoedkundige program is gebaseer op die Handleiding vir onderrig aan die voorskoolse kleuter, (SAOU), ELDA’s en CAPS wat sinvol verwerk en aangepas is.

 

Kinders moet geleer word HOE om te dink, nie WAT om te dink nie.

 

Elke kind word as ‘n individu gesien, elkeen met sy eie unieke talente en persoonlikheid wat ontgin word. Die fokus is nie op leer nie, maar om ‘n liefde vir leer te kweek.

 

Binne ons liefdevolle, rustige en veilige omgewing kan jou kleuter sy of haar volle potensiaal bereik. Kinders moet so lank as moontlik nét kind wees. Daar word geen druk op ons kinders geplaas om te presteer nie, tog maak ons seker dat hul skoolgereed is. Lawwe Lyfies se kurrikulum berei ons kleuters voor vir formele leer en maak hulle gereed vir die uitdagings van ‘n groter wêreld. Aangesien ons klasse klein is, word elke kind daagliks waargeneem en die beplanning word aangepas om vaardighede en konsepte vas te lê.

 

Vaardighede wat gestimuleer word, sluit die volgende in:

Persepsuele vaardighede | Groot motoriese vaardighede | Fyn motoriese vaardighede

Visuele -en ouditiewe stimulasie en vaardighede | Ruimtelike oriëntering | Korrekte liggaamsbalans en postuur Woordeskat -en taalvaardighede | Basiese etiket en goeie maniere

 

Ons glo dat elke kleinding 'n individu is en dat elkeen se persoonlikheid, vaardighede en ontwikkelingsfases op hul eie spesiale manier gestimuleer moet word.

 

Ons jongste klassie is die Hasie klas en ons stimulasie program vir die babas is gebaseer op BabaGim, die wêreldbekende program, is saamgestel deur Dr. Melodie de Jager. Al ons personeel is ook opgelei met die nodige noodhulp kwalifikasies.

Ons Personeel

Leenster van Wyk

Eienaar & Skoolhoof

Ek is al meer as 20 jaar in die onderwys met ondervinding van Hoër -, Laer - en kleuterskool.

 

Kleuters het my hart gesteel en daarom het ek besluit om my tuiste hier by die kleintjies te maak.

 

Ek is 'n PUK in murg en been en het my BA Sielkunde-graad, NGOS en ook my Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde daar verwerf.

 

Ek is gelukkig getroud met vier kinders wat my op my tone en al hoe meer op my kniee nou dat drie van hulle in die Hoërskool is.

 

My deur staan altyd oop en ek is 24 uur van die dag beskikbaar op my selfoon - moet asb nie huiwer om my te kontak nie.

Ilze Terblanche

Leeutjie Klas Juffrou

Ek het meer as 20+ jaar se ondervinding om met kinders van verskillende ouderdomsgroepe te werk. Ek het in 2004 ñ Diploma in Vroeëkinderontwikkeling (ECD-NQF 6) met Ontwikkelings Sielkunde (Developmental Phycology) verwerf.

 

Ek is ook ñ Ma van twee kinders van my eie en is al van 2017 deel van Lawwe Lyfies.

 

Die welstand en ontwikkeling van ons lyfies is vir my ñ top prioriteit.

 

Daar is niks wat vir my meer vreugde gee as om ñ positiewe rol te speel in elke unieke lyfie se groei en die reis deur hul fondasiejare.

Carmen van der Merwe

Apie Klas Juffrou

Ek het my Onderwysgraad in 2013 voltooi, met ‘n Remediërende agtergrond. Daarna was ek vir vyf jaar ‘n onderwyseres by Laerskool Hennopspark.

 

Ek het twee seuntjies van my eie en geniet hulle baie.

 

Met 'n passie vir die ontwikkeling van jong kinders, is my doel om 'n stimulerende en veilige omgewing te skep waar kleuters met vreugde kan leer en groei.

 

Saam kan ons 'n positiewe en opwindende voorskoolse ervaring hê. Ek sien daarna uit om saam met jou en jou kleintjie te werk!

Magdeleen De Lange

Hasie Klas Juffrou

Ek het my Hoër sertifikaat vir Vroeëkinderontwikkeling (ECD – NQF 5) in 2016 verwerf.

 

Ek het 8 jaar se ondervinding in onderwys en het ‘n groot passie en liefde om met kinders te werk.

 

Ek glo dat leerders die beste leer deur middel van speel en hoe meer liefde en aandag jy in hul investeer, hoe meer sal hul blom en floreer.

 

Ek is ook 'n gelukkige getroude vrou met ʼn wonderlike man en 2 pragtige dogtertjies.

Bonite Wilson

Eendjie Klas Juffrou

Ek is Bonite Wilson. Ek is getroud met Jan en ons het twee pragtige dogters, Janite en Zané.

 

Ek het al 15 jaar plus ondervinding in die onderwys. My passie is om elke klein maatjie te help ontwikkel in 'n gebalanseerde en gelukkige omgewing.

 

Ek glo daarin om 'n positiewe verskil te maak in elke maatjie se lewe deur te lag, leer en speel.

Liandie Van Vuuren

Paddatjie Klas Juffrou

Ek het meer as 10 jaar ondervinding in onderwys.

 

Ek is lief daarvoor om met kinders te werk en dit is vir my belangrik om elke maatjie te help ondek wie hulle is, hulle selfvertroue te versterk en hulle te laat groei in 'n liefdevolle en veilige omgewing.

 

Ek sien baie uit daarna om elke maatjie en hul ouers beter te leer ken, saam gaan ons lag, leer en spesiale herhinneringe skep.